Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 2 DESEMBER 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin met die bulletin met die nuus van drie stil sleutels.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutels van Harry Lautenbach, ZS6LT, Fred Scheepers, ex-ZS1FCS en Dior Dreyer-Juselius, ZS6DJD die afgelope week stil geword het.

Harry is Saterdagaand 24 November 2018 oorlede.

Fred is vroeg Sondag 25 November oorlede. Hy was lank reeds betrokke by die Oakdale Amateurradioklub en het ook as SARL Raadslid gedien. In 2011 het hy die Jack Twine-toekenning ontvang en in 2014 die Willy Wilson-toekenning.

Dior is op Vrydag 30 November oorlede weens komplikasies na ‘n operasie.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan die families en vriende van hierdie drie radio amateurs.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE YOTA 2018-DESEMBER-AKTIWITEIT HET BEGIN

DIE SARL EN OKOSA HET REGULATORIESE KWESSIES OOR AMATEUR RADIO BESPREEK

en

DIE 2018 ARRL 10 METER KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

IARU STREEK 1 - DESEMBER 2018 YOTA MAAND

Desember maand is YOTA Maand wanneer verskeie jongmense uit IARU Streek 1 Lidlande aktief op die lug sal wees met YOTA as agtervoegsel in die hul spesiale roepseine wat uitgereik sal word vir die aktiwiteit. Vanaf Saterdag 1 Desember tot Maandag 31 Desember 2018 sal internasionale YOTA-stasies poog om vele kontakte wêreldwyd met mekaar te maak. Hierdie aktiwiteit is spesifiek vir jongmense en is 'n goue geleentheid vir klubs om jongmense te kry wat belangstel in of meer wil uitvind oor Amateur Radio.

Die aktiwiteit is nie 'n formele kompetisie nie, maar 'n manier om ons huidige jong amateurs op die lug te laat kontak maak met honderde ander jongmense regoor die wêreld. Die SARL het 'n spesiale roepsein ZS9YOTA geregistreer op die IARU Streek 1 webblad as 'n opvoedkundige roepsein vir gebruik deur klubs en individue gedurende Desember maand. Om 'n gleuf op 'n daaglikse basis vir die gebruik van die ZS9YOTA roepsein te bespreek of vir inligting, kontak gerus vir Noel ZR6DX via epos by zr6dx@iafrica.com of alternatiewelik na Nico, ZS6QL, at zs6ql@mweb.co.za Die skedule asook die reëls van toepassing is beskikbaar op die SARL webblad.

Alle radio amateurs is welkom om 'n QSO met die jongmense te hê, wees bewus dat sommige van hulle nuut is in die radio stokperdjie, terwyl ander meer ervare is. Ons sien uit daarna om ons jeug aktief op die lug te hoor gedurende Desember maand!

DIE SARL EN OKOSA HET REGULATORIESE KWESSIES OOR AMATEUR RADIO BESPREEK

Die OKOSA/SARL Skakelingskomitee het verlede week vergader om verskeie regulatoriese kwessies rakende Amateur Radio te bespreek.

Deur die ooreenkoms te hersien dat tuisgeboude amateur radio-toerusting nie goedkeuring vereis nie, het OKOSA bevestig dat al die streke van hierdie ooreenkoms in kennis gestel is. Die hele proses van tipe goedkeuring wat alle toerusting raak wat die radiofrekwensie-spektrum gebruik of 'n uitwerking op dit het, word hersien, wat 'n twee jaar proses is. "Dit sal nie tuisbou-amateur radio-toerusting vir eie gebruik beïnvloed nie, het SARL president Nico van Rensburg, ZS6QL, gesê." Die SARL moedig radio amateurs aan om hul stokperdjie deur tuisbou te ontwikkel. "

Die probleem van kommersiële BHF-toerusting wat onlangs goedgekeur is, wat lei tot ongemagtigde gebruik van amateur frekwensies is ingedien. OKOSA het erken dat hulle bewus is van die kwessie. Die SARL het nou ook amptelik 'n klag ingedien.

Oor steurings op amateur frekwensies, het OKOSA ingestem om die SARL te voorsien van besonderhede van die streekbestuurder wat radio-steurings hanteer. Die SARL sal oor die volgende paar weke 'n riglyn ontwikkel oor hoe steurings aangemeld moet word. Dit sal na voltooiing op die SARL webbladsye beskikbaar wees.

Die nuwe OKOSA IT-stelsel, wat nou deur die beta-toetsfase gaan, sal op 1 April 2019 in werking tree. Die stelsel sal administratief 'n impak hê op aansoeke om die Radio Amateur-eksamen te skryf. OKOSA reël 'n werkswinkel vir die Skakelingskomitee en die SARL RAE Bestuurder om die nuwe stelsel bekend te stel sodat tydige nuwe riglyne vir aansoekers ontwikkel kan word.

Die ontvangs van weer satelliet fotos en die lisensiëring van toerusting was 'n grys area. Die OKOSA-uitspraak is dat radio-amateurs wat toerusting wil oprig en toerusting wil aanskaf om seine in die 137 MHz-band te ontvang, moet aansoek doen vir 'n aparte satelliet ontvangs-lisensie aangesien dit nie onder hul amateur radio-lisensie gedek word nie. Nie-gelisensieerde persone moet ook aansoek doen vir 'n radio ontvangs lisensie. Die standaard OKOSA frekwensiespektrum lisensie aansoekvorm moet gebruik word. Dit is beskikbaar vir aflaai vanaf die SARL web.

OKOSA het bevestig dat die huidige radio frekwensiespektrum regulasies steeds van krag is. Die SARL het daarop gewys dat daar 'n teenstrydigheid bestaan tussen die 1,8 MHZ frekwensie band tussen die huidige regulasies en die Frekwensie Spektrum Bandplan wat vroeër vanjaar deur die kabinet goedgekeur is. OKOSA het gesê hulle sal dit ondersoek. Hulle het ook bevestig dat die nuwe regulasies eers deur 'n openbare konsultasieproses gaan. Daar is ook bevestig dat Suid-Afrikaanse radio-amateurs volle toegang tot die 5 MHz-band het, naamlik 5 350 - 5 450 kHz en die kanaal 5 290 kHz vir die voortplantingsstudies en dat dit in die nuwe regulasies opgeneem sal word.

Oor die onderwerp van wedersydse lisensiëring, het OKOSA bevestig dat CRASA die voorstel aanvaar het om by die CEPT TR61-01-skema aan te sluit, wat toelaat dat gelisensieerde radio amateurs vir 'n tydperk van tot drie maande in die SAOG-lande kan werk sonder om aansoek te doen om 'n lisensie. Hierdie finale proses om te verseker dat alle SAOG-administrasies dit deur hul strukture gekommunikeer het, kan tyd neem. Die SARL sal die ontwikkelinge monitor en radio amateurs van vordering adviseer.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

DIE DESEMBER 2018 RADIO ZS

Die Desember 2018-uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die Liga-webwerf. In hierdie uitgawe kan jy lees van die FM BHF kontak tussen amateurs in ZS1 en ZS3 en 'n amateur op St Helena Eiland. Henry, ZS1AAZ moedig jou aan om Arduino te verken en die volgende artikel wys hoe om Arduino te gebruik om 'n Morse-kode apparaat vir kinders te bou.

Deon, ZR1DE verduidelik die ingewikkeldhede van herhalers, terwyl jy in die Museumstuk kan lees oor Hedy Lamarr en Verspreide Spektrum kommunikasie. Daar is ook 'n indeks van die 2018-uitgawes van Radio ZS.

TWEE NUWE SOTA VERENIGINGS

Vanaf 1 Desember 2018 het Namibië met 2 719 pieke en die Prins Edward- en Marion-eilande met 2 pieke by die SOTA-program aangesluit.

2019 KONSEP SARL BLOUBOEK

Die Kompetisiehandleiding (Blou Boek) is op die Liga se opgelaai. Die kompetisie organiseerders, kyk asseblief na al die besonderhede en meld enige kommentaar of veranderings aan by Geoff, ZS6C by contest@sarl.org.za teen 10 Desember 2018.

LIDMAATSKAP AANSOEKE

Die Liga het aansoeke om lidmaatskap van Colin Schroder, ZR2CRS en Stewart da Costa Pereira, ZR6DCP, ontvang. Die Swart Vrydag-lidmaatskap aanbod is opgeneem deur 31 radio amateurs. Hulle is Alec Hodgkinson, G3JLL/ZS6BMU; Walter Winkler-Pleimer, OE5WWM; David Hartzenberg, ZS1BCE; John Ward, ZS1EQ; André Fransman, ZS1F; Pierre Tromp, ZS1HF; Louise Tromp, ZS1ONI; Trevor Brinch, ZS1TR; Dave Higgs, ZS2DH; Johan van Vuuren, ZS2JV; Michael Gooden, ZS2MG; Andrew Prideaux, ZS2PA; Bryan King, ZS2SS; Charl Joubert, ZS3CG; Louis Veldkamp, ZR4DJL; Gideon Jannasch, ZS4GJA; Christopher Williams, ZS5CGW; Justin Wright, ZS5JW; Kimentha Nair, ZS5KIM; Conrad Scheepers, ZS6CSV; Gerry Pieterse, ZS6GER; Gary Schoombie, ZS6HG; Goosen Thompson, ZS6HPG; Kevin Turner, ZS6KAT; Anre Kehlert, ZS6KZA; Mervyn Schmidt, ZS6MES; Jimmy Struthers, ZS6OX; Casper Badenhorst, ZS6RA; Rex Pattison, ZS6REX; Hendrik Rudman, ZS6RHL en Selwyn Losinsky, ZS6SEL. Enige besware teen hierdie lidmaatskap aansoeke moet die liga sekretaris bereik voor die Woensdag na die bulletin. Stuur asseblief u besware aan secretary@sarl.org.za

DIE 2018 ARRL 10 METER KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

Die doel is vir Amateurs wêreldwyd om QSO-inligting uit te ruil met soveel stasies as moontlik op die 10-meter-band met foon en die gelykgolf. Die kompetisie vind plaas vanaf 00:00 UTC op Saterdag 8 Desember en eindig om 23:59 UTC op Sondag 9 Desember 2018. Die kompetisie uitruiling vir stasies in die VSA, Kanada en Mexiko is 'n RS- of RST-verslag en hul staat of provinsie, vir DX-stasies is dit 'n RS- of RST-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin met 001. Maritieme mobiele stasies stuur 'n RS- of RST-verslag en die ITU-streek (R1, R2 of R3). Alle logstate wat deur die rekenaar gegenereer word, moet in Cabrillo-formaat wees en 'n handgeskrewe papier logstaat is 'n aanvaarbare voorlegging. Alle inskrywings moet op http://contest-log-submission.arrl.org/ opgelaai word of geposmerk word teen 23:59 UTC 16 Desember 2018. Kry die volledige stel reëls by www.arrl.org/10-meter en lees die reëls voor die kompetisie!

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekkie sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan moontlike openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

3 Desember - Internasionale Dag vir Mense met Gestremdhede.
8 en 9 Desember - die ARRL 10 meter kompetisie.
10 Desember - kommentaar op die 2019 Blouboek na contest@sarl.org.za.
12 Desember - alle provinsiale skole sluit.
15 Desember - Voorstelle vir referate en aanbiedings vir die Februarie 2019 BHF/UHF Werkswinkel na vhfnews@sarl.org.za.
16 Des - die Dag van Versoening.
17 Desember - Publieke Vakansiedag.
25 Desember - Kersdag.
26 Des - Dag van Welwillendheid.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Desember maand is YOTA Maand wanneer verskeie jongmense uit IARU Streek 1 Lidlande aktief op die lug sal wees met YOTA as agtervoegsel in die hul spesiale roepseine wat uitgereik sal word vir die aktiwiteit. Vanaf Saterdag 1 Desember tot Maandag 31 Desember 2018 sal internasionale YOTA-stasies poog om vele kontakte wêreldwyd met mekaar te maak.

Om 'n gleuf op 'n daaglikse basis vir die gebruik van die ZS9YOTA roepsein te bespreek of vir inligting, kontak gerus vir Noel ZR6DX via epos by zr6dx@iafrica.com of alternatiewelik na Nico, ZS6QL, by zs6ql@mweb.co.za Die skedule asook die reëls van toepassing is beskikbaar op die SARL webblad.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003